#Bulls-spelers en Ondersteuners in Pienk vir KANSA

English Press Release

Op Saterdag, 2 April 2016, takel die Vodacom Bulls die Toyota Cheetahs in die vyfde rondte van die Vodacom Super Rugby wat na verwagting die magstryd van rugbywedstryde gaan wees. Die wedstryd vind op Loftus Versfeld, die tuisveld van die Bulle, plaas.

Die een faktor wat hierdie wedstryd sal onderskei van enige ander wedstryd op die 2016 rugbykalender, is dat die Bulle op die veld sal draf in pienk rugbyklere (‘n groot verskil van die vorige pienk rugbyklere wat jy moontlik sal onthou) en dat ondersteuners die unieke geleentheid sal hê om die trotse eienaar van een van die 23 pienk rugbytruie van die wedstryd te word. Hierdie pienk rugbytrui is die een-in-‘n-leeftyd en gesogte Bulle-aandenking as daar ooit een was.

#getyourpinkon

Die Bulle se pienk rugbytruie gaan sonder twyfel ‘n onvergeetlike belewenis wees en dit word gedoen om fondse in te samel en om kankerbewustheid te help skep vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) as deel van die #GetYourPinkOn-veldtog. Dit volg op die sukses van die eerste #GetYourPinkOn veldtog tussen die Bulle en die Stormers in samewerking met KANSA in 2012.

Die Bulle is vanjaar baie baldadig om die teiken van hul fondsinsamelingsprojek op meer as ‘n half miljoen Rand te stel. Hulle hoop om die teiken te bereik deur die pienk rugbytruie fondsinsamelingsprojek, ‘n SMS lyn en verskeie ander geleenthede om fondse in te samel met die Bulle se bekende handelsmerk. Maar hulle kan dit nie alleen doen nie. Maak dus seker jy besoek die webwerf www.getyourpinkon.co.za vir meer inligting oor maniere waarop jy betrokke kan raak om self ‘n kampioen te word deur fondse vir KANSA in te samel.

100% van die fondse wat ingesamel word deur die #GetYourPinkOn veldtog word direk aan KANSA geskenk. KANSA sal die geld gebruik om bykomende Mobiele Gesondheidsklinieke aan te skaf en toe te rus.

paula b photography-portrait photographer-gauteng-98Op die groot dag van die lang verwagte rugbywedstryd sal KANSA se Mobiele Gesondheidskliniek by die stadion wees. Dit sal dien as ‘n platform om te help om mense meer bewus te maak van kanker, kliniese borsondersoeke en om opvoedkundige materiaal oor veral borskanker aan die publiek beskikbaar te stel om sodoende die risiko van kanker te verminder.

Elize Joubert, Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA is verheug en dankbaar om weer deel van die veldtog te wees. “Om deel te wees van die #GetYourPinkOn-veldtog is ‘n wonderlike geleentheid vir KANSA om inligting oor veral borskanker aan die publiek te verskaf en om die noodsaaklikheid om gereeld siftingstoetse en borsondersoeke te ondergaan om borskanker vroeg genoeg te diagnoseer om die uitkoms van behandeling te verbeter. Ons is opgewonde dat ons ‘n vennoot kan wees van die Vodacom Blou Bulle rugbyspan en hul ondersteuners – hulle het reeds bewys dat hulle groot harte het en ons sien uit daarna dat hulle hulle ‘pienk’ harte met ons sal deel.”

Shanil Mangaroo, hoof van bemarking en kommunikasie van die Blou Bulle Maatskappy beaam dat die #GetYourPinkOn ‘n veldtog is wat die Bulle na aan die hart lê en dat die Blou Bulle uitsien daarna om fondse en bewusmaking vir KANSA deur sport te bewerkstellig.

“Kanker het ons almal se lewe op die een of ander manier direk of indirek geraak. Ons glo vas dat ons in die lig van ons massiewe en sterk ondersteuningsbasis, ‘n stem kan word en ‘n platform kan skep om KANSA te help om die risiko van kanker te verminder. As Blou Bulle is ons (die spelers, personeel, span, borge en veral ons ondersteuners) ‘n groot familie. Ons is vas oortuig dat deur die gebruik van die #BullsFamily ons ‘n betekenisvolle finansiële bydrae kan maak vir ‘n saak wat ons almal raak en die saak is om KANSA te help om fondse in te samel, om bewustheid te skep en om mense in te lig oor kanker en hoe hulle die stryd teen kanker kan oorwin, ” voeg Mangaroo by.

Die Blou Bulle gaan ook ‘n beroep doen op van SA se top atlete, bekendes en die #BullsFamily om aan boord te kom om die #GetYourPinkOn-veldtog gedurende die komende paar weke te ondersteun. En moenie verbaas wees as die Bulle ook met ‘n paar verrassings vorendag kom nie!

Maak seker jy bly op hoogte van sake en kry meer inligting hier:

Of besoek https://www.getyourpinkon.co.za/

Die groot wedstryd (om 19:10 op 2 April 2016) beloof om ‘n wedstryd van epiese proporsies te wees. Ondersteuners kan hulle kaartjies bespreek via www.bulls.ticketpros.co.za en almal word aangemoedig om in pienk geklee te wees vir die wedstryd.